Ondersteuning

Die diens wat ons aan NG Gemeentes bied, is presies dieselfde as wat ons teen koste aan besighede bied. Selfs al is die diens gratis, wil ons graag aan u dieselfde gehalte tegniese ondersteuning bied. Die ANNO Support Web vorm die kern van ons tegniese ondersetuningsdiens net die volgende kanale beskikbaar:

  • ANNO Community Forum: 'n Gespreksforum waar u kan gesels met ander ANNO kliënte, raad vra en ander van raad bedien. ANNO personeellede neem ook gereeld aan die Forum deel.
  • ANNO Helpdesk: Sou u enige onoorkombare probleem met ons diens ervaar, meld dit asseblief sonder huiwering aan by die Helpdesk.
  • ANNO e-Lists: Bly op datum met gebeure by ANNO Internet en aankondiginge wat diens raak deur uself en/of kollegas in te skryf by poslyste van belang.

Ons wil verseker dat u webgasheer diens vinnig en betroubaar funksioneer en help graag waar ons kan. By die uitleg en instandhouding van u webwerf wil ons egter nie graag betrokke raak nie.