Die NG Web gaan oor gratis webdienste aan gemeentes van die NG Kerk. Hierdie diens word nie aangebied of onderskryf deur die NG Kerk nie. Die diens wat ons graag aan u gemeente wil bied, omvat die hele spektrum. Ons bied aan u 'n gepasde domein naam en webruimte vir 'n webwerf en e-pos. 'n Gepasde domein naamU gemeente besit dalk reeds 'n domein naam ugemeente.co.za of ugemeente.org.za. Indien nie, kan ons help met 'n gepasde naam. Gemeentes kies ongelukkig dikwels verkeerdelik 'n .co.za domein naam. Dié naamspasie is eintlik bedoel vir kommersiële gebruik—dit is meer korrek om 'n .org.za naam te kies. Anno Internet is die trotse eienaars van die domein naam ng.org.za. Ons het die domein geregistreer vir die uitsluitlike doel om NG gemeentes te bedien. Ons het die vermoë om sub-domein name te kan skep om u gemeente se naam te pas, d.w.s die naam van u gemeente direk voor ng.org.za. Vir u gemeente kan ons 'n webwerf www.ugemeente.ng.org.za en e-pos adresse soos iemand@ugemeente.ng.org.za skep. 'n Sub-domein naam onder ng.org.za is beskikbaar teen geen koste. Sou u egter verkies om nie 'n sub-domein naam onder ng.org.za te gebruik nie, is u vry om enige ander domein naam te gebruik. Ons sal u graag bystaan met die registrasie van 'n gepasde naam. Domein registrasiefooie. WebwerfOns wil graag webruimte op 'n Linux web server, ryk aan funksionaliteit, beskikbaar stel. Gebruik gerus die volgende tegnologie opsies as riglyn van wat beskikbaar is:
Ons bied u graag soveel webspasie soos nodig en funksionaliteit soos moontlik vir 'n uitgebreide, lewendige webwerf. As 'n riglyn van wat beskikbaar is, verwys asseblief na die spesifikasies van ons kommersiële pakket, ANNO Premium. Meer besonderhede. Om die stelsel vir die verskillende belangegroepe (en meer as webmeester) in te rig, dink ons die volgende sou goed werk:
E-pos diensGepasde adresse soos nodig aan alle belanghebbendes. Pos kan aangestuur word na enige ander adres, bv na iemand@mweb.co.za, of kan afgelewer word in 'n posbus op die gemeente se web server. Pos in sulke posbusse kan gelees word soos gewoonlik met Outlook Express (en ander programme) en is ook beskikbaar via 'n browser, d.w.s. "Hotmail" styl. Massa E-posU gemeente sal waarskynlik behoefte hê aan ´n massa e-pos funksie, bv algemene nuusbrief aan hele gemeente of boodskappe aan alle kerkraadslede. Ons verstaan dat u bedoelings edel is, maar neem asseblief kennis van ons standpunte in hierdie verband.
Ons beveel Dada Mail aan vir u massa e-pos behoeftes. Dada Mail is eenvoudig om te gebruik en kan verstel word om massa e-pos in bondels op te groepeer en skeduleer om binne ons riglyne te funksioneer. Dada Mail kan deur uself geïnstalleer word, maar ons sal help indien u vasbrand. Tegniese OndersteuningDie diens wat ons (ANNO Internet) bied aan NG Gemeentes, is dieselfde as wat ons teen koste aan besighede bied. Selfs al is die diens gratis, wil ons graag aan u dieselfde gehalte tegniese ondersteuning bied. Meer besonderhede. Kommersiële WebdiensteOns sal graag 'n webdiens aan u besigheid bied. Ons kommersiële dienste is billik geprys en top-gehalte. Lees gerus meer by www.anno.co.za. Die inligting hierbo is oorsigtelik. Ons bespreek graag ons dienste in meer detail met belangstellendes (gebruik die Navrae funksie links). |